Die Wasgoedlyn

Die Wasgoedlyn

Die Wasgoedlyn is Afrikaanse musiekkunstenaars wat hul stories sing en vertel in hul natuurlike habitatte: By hul huis, om braaivleisvure, saam met vriende. So maak hulle saam musiek en vertel hul eie storie, en laat sodoende Afrikaans in soveel meer fasette sing en praat.

Aan die wasgoedlyn vind jy enigeiets van ‘n werkhemp tot kerkbloes, gelapte sokkies, volgate frokkies, onderbroeke van Jockey, die onderrokkie van jou bokkie. Langs die wasgoedlyn sit Les Javan, Rian Malan, Bacchus Nel, die Mitchel’s Plein Rapper Churchil Naude, die Paarl Rappers, Frazier Barry, Dozi, Lochner de Kock, Andra Cilliers, Andre van Rensburg, Loit Sôls, Riku Lätti, Francois van Coke, Willim Welsyn, Ryno Velvet, Laurinda Hofmeyr, Piet Botha, Liela Groenewald, Mervin Williams, Fran Veda, Gert Vlok Nel, nog ‘n paar Nelle en nog ‘n klompie pelle. Om die wasgoedlyn word daar musiek gemaak en twak gepraat. Op Die Wasgoedlyn wys ons alles wat jy nie verwag om te sien nie, wys ons selfs alles wat nie wys is nie, maar dit klink mooi, dit kan jy maar glo.

Ondersteun van jou gunstelling Wasgoedlyn kunstenaars sommer net hier op Scatzy. Winste op musiek verkope word direk met die kunstenaars gedeel sonder enige tussen gangers.

Showing all 8 results